Port St Francis, St Francis Bay

gedurende Desember, want dis lekker

Die weer op Port St Francis was perfek vir hengel. ʼn Ligte briesie uit die see wat verseker het dat die water ʼn bietjie troebel was.

Die harders was volop en met elke opbou van ʼn brander kon ek die skole duidelik sien rond beweeg. Terwyl ek besig was om harders te vang vir lewendige aas het ek daai allerbekende spartel van water gesien wat die harders laat backflips doen om weg te kom van die roofvisse wat honger raak.

Ek het natuurlik oral waar ek gaan ʼn dropshot stokkie met ʼn plug op gereed vir sulke situasies want as die leeries so op die oppervlak jag het jy ʼn kort periode om deel te wees van die frenzy. My vriende se altyd ek gooi nie popper wanneer dit werk nie ek gooi popper tot dit werk, maar dis net omdat ek mal is daaroor om te sien hoe die leeries daai snye agter my popper maak en die adrenalien begin pomp.

Ek het alles net so gelos en met ‘n spoed wat vir Usain Bolt sou laat skrik by my dropshot stok uitgekom. Ek het ʼn 7ft Daiwa Exceler stokkie met ʼn Daiwa Exceler Spinning katrol met 10lb braid gelaai met ʼn klein rooi en wit chizel nose plug gebruik.

Terug by die water was die smashes omtrent 80m uit en mens sien net harders spat. Ek kon met my popper tot omtrent 10m voor die smashes gooi en op my 3de gooi ontplof die water en my exceler skree in die ander rigting. Na so 20 min van baklei was die leerie taamlik moeg en het ek hom regs langs die hawe muur geland.

Ek het ʼn paar mooi foto’s geneem en die vis gemeet (75cm). Na die foto’s het ek die vis hoog opgelig om vir al die mense te wys wat teen hierdie tyd al om my begin staan en kyk het en hom revive en release.

Die vis het sterk weg geswem en die mense het gejuig en hande gekla, dit is wonderlik om te sien dat daar soveel mense was wat catch and release ondersteun. Toe ek omdraai sien ek ook 3 ander hengelaars wat hoë knieë volspoed aangehardloop kom met poppers wat swaai, (My pa natuurlik heel voor). Ons het vir die volgende halfuur ons skouers afgegooi maar die water was stil en ons het geen aksie verder gehad nie.

Ons het skemer lewendige mullets gegly en het lekker pret gehad met Bronze Whalers van tussen 20-40 kg wat volop was, daar was altesaam 6 geland.

My Pa (Oom Pine) was ook bederf deur ‘n mooi geelstert van die kant af te vang met lewendige aas.

So het nog ‘n suksesvolle visvang vakansie tot ‘n einde gekom en as daar een ding seker is, daai hawe muur sien my binnekort weer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.