Basiese kunsaas hengel

Jay vertel ons hoe

Daar word gereeld hengel vrae aan ons gerig en dit verskaf ons groot genot om bietjie van ons kennis en ondervinding te deel met ander.

n Aanhanger het die vraag aan Jayson gerig : “Ek wil bietjie kunsaas hengel terwyl ek in Namibia is, help asseblief uit met basiese benodighede, addisoneel tot stok en katrol”

Hi xxxx

Soos versoek gee ek graag die volgende voorstelle:

Lyn tipe:

Wat jou hooflyn aanbetref gebruik ons hoofsaaklik Fireline fused braid, maar daar is baie ander om na te kyk ook, soos Suffix of Gator of  Power Pro braid koop hang maar af van die groote van jou beursie en persoonlike vorkeur. Jy kan normale mono-lyn ook gebruik, maar vir kunsaas hengel sou ek definitief braid aanbeveel omdat jy oor die -algemeen beter afstand kry en dit die geveg baie meer direk maak.

Lyn dikte:

Die dikte van jou lyn sou ek aanbeveel moet so tussen 12 en 20 pond wees op jou kleiner stokkies. Ek hou baie van 12 pond lyn omdat daar baie meer gevoel is en die lyn dunner en ligter is wat ook toelaat vir langer afstand op my gooi.

Fluorocarbon:

Ons gebruik ook fluorocarbon as leader wanneer ons hengel. Dit is ‘n lyn wat deurskynend is onder die water en ons las so 60 na 80 cm stuk vooraan die braid wat ons dan die loodkoppies aan vas maak. Jy kan kyk na ‘n dikte van tussen 0.4mm – 0.5mm. Voel ook aan die verskillende soorte lyne ek verkies meer die sagter tipe fluorocarbon.

Bucktail Jig kleure:

Wat loodkoppies betref het elke area gewoonlik ‘n kleur wat werk. ‘n Voorbeeld hiervan is dat in Desember 2012 het ons in een area baie sukses met ‘n olyf kleur gehad en Desember 2013 op dieselfde plek net weer met swart. So as ek 4 kleure kan aanbeveel vir julle trip sou dit olyf, swart, geel en oranje wees. Dit is tot dusver ons 4 wenners gewees maar wissel maar af tussen die kleure se bv. 50 gooie per kleur dan verander jy weer terug tot een opgetel word.

Bucktail Jig gewig:

Wat die loodkoppies se gewig betref, gebruik ons driekwart (3/4) ons, 1 ons en 1 en 1/2 ons. Dit hang alles af van die grootte van jou visstok, die afstand wat jy wil gooi en natuurlik hoe sterk die wind waai. Ek sou definiteif nie aanbeveel om 2 ons of meer te koop nie en ook nie minder as 3/4 ons nie (nie vir strand hengel nie). As jy vang met sê bv. ‘n 9 voet stok en 12 pond braid is ‘n 1 ons loodkoppie ‘n goeie gewig vir my.

Lure Clip:

Omdat ons ook so gereeld loodkoppe omruil beveel ek ook aan om ‘n pakkie lure clips te koop en voor aan jou lyn te sit. Sodoende kan jy net elke keer ‘n loodkoppie afhaal en n nuwe op clip, eerder as wat jy die heeltyd jou lyn moet af knip en ‘n nuwe knoop maak.

In katrol:

Die doel van kunsaashengel is om die vis te laat dink jou loodkoppie is ‘n gewonde vis wat probeer wegswem en sodoende is daar biae verskillende maniere hoe ons in katrol.

Kabeljou jag stadiger as leervis en elf, en as ons hulle teiken pas ons ‘n stadiger aksie toe. Dit wat sover die meeste sukses gebring het is as jy ingegooi het jou stok op te tel sodat die loodkoppie van die grond af op lig en weer te laat sak terwyl jy katrol, dan weer op te lig en weer laat sak. Sodoende lyk dit soos ‘n vis wat op swem en grond toe val. Wissel die spoed van jou in katrol en hoe hoog jy jou visstok oplig ens.

Vir leervis en elf laat ons nie toe vir die loodkoppie om aan die grond te raak nie en ons katrol teen ‘n vinniger spoed terwyl jy die punt van jou stok stelselmatig “twitch” dat die loodkoppie elke nou en dan lyk of hy skrik. HP het al baie goeie artikels geskryf oor die maniere van inkatrol so gaan kyk weer op die website na al die variasies.

Verder:

Geniet dit, maak seker jou briek is los genoeg en as die 10kg Kabeljou gryp HOU VAS. Laatweet gerus as jy enige ander vrae het. Ek sien uit daarna om die stories te hoor en die foto’s te sien.

Stywe lyne!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.